11:11pm 17 May 2011/Mei

Goeie naand.

‘n Mens kan voel dit is winter.  Dit is koud, dit sny deur my vlerkies waar ek op die harde eetkamer-stoel sit met my voete op die warmwaterbottel.  Ek verkies die somer.  Hierdie winterdae maak my moedeloos en laat my oningespireerd, om nie te praat van laat vir alles, asook lus vir min.  Veral die Kaapse winters, dit is sieldodend, die gedrup-drup, dae aan een, mot-reen. 

Ek staan vandag in Checkers, Willowbridge en raai wat sien ek daar in die koekies-afdeling?  Dieselfde ‘Ierse’ chocolate chip koekies wat Mike vir my van Ierland afgebring het.  Ek was nie seker of ek blyof hartseer moes wees nie.  Bly dat dit nou ook verkrygbaar is in Suid-Afrika?  Of hartseer omdat hy dit dalk nie in Ierland gekoop het nie?  Ek glo tog dat hy dit daar gekoop het, want op die pakkie staan dat dit van UK af is.  As u wil weet waarvan ek praat, gaan gerus winkel toe en koop FOX’s se chocolate chip koekies!  Dit is asemrowend, of dit nou van ‘Ierland’ af is of van die UK of dalk van Suid-Afrika.

More is dit sulke tyd, stem tyd.  Die politieke wereld het my nog nooit werklik geintresseer nie, maar stem sal ek stem.  Hiermee sluit ek die politieke paragraaf af. 🙂

Vrydag skryf ek my eerste Italiaanse vraestel vir UNISA, dus is ek veronderstel om nou te sit en swot, maar in plaas daarvan het ek my CV ‘opgegradeer’ en nou met voordiehand liggende rede, sit en tik ek ‘n blog.  My eerste WordPress blog, mind you.  (Oops! Ek het my voorgeneem om nie engelse woorde te gebruik nie.)  Then again was daar die debat in my kop of oor ek die blog universieel sou maak en tog wel engels sou tik, of sou ek my moedertaal bevorder?  Of sou ek in albei tale tik?  Who knows.  Sal maar later in daardie muishok krap.  Moet tog ‘n Italiaanse blog begin though.  Dit sal my immensely bevoordeel.  Immensely? Baie?  Te plain, vir so mooi engelse woord.  Geweldig?  Hahaha.

Ek glo die tyd het aangebreek vir my om my kop te gaan neerle.  My oe is nou moeg en more is ‘n lang dag.

To bath or not to bath?

Nag!

Lani