Breakfast Club

Dit het onder my aandag gekom dat die ingenieurs in my departement gister oggend vir ontbyt gegaan het.  Dit het al voorheen gebeur dat hulle vir middagete gegaan het.

Dit stem my hartseer.  Ek wil sê ek weet nie hoekom nie, maar ek weet.

Dit laat my uit voel.  Tog weet ek nie of dit die doel is nie.  Hoekom sal hulle so iets doen?  Spanbou?  ‘n Hegte band vorm?

Dit het my heeldag in ‘n aaklige bui van depressie gehad.

Hoekom word die tegniese span nie ook op ‘n ontbyt getrakteer nie?

Is ons nie goed genoeg nie?

Is ons die gepeupel?

Ek het ook drie jaar geswot? Inteendeel ek swot nog heeltyd! Ek is konstant besig met kursusse om my op te bou.

Ek is so kwaad en so hartseer gelyk.  Ek voel vernederd.  Ek voel misrabel.  Ek voel soos ‘n grou wintersdag.  Soos ‘n drygende storm.

Sê ek dit vir ons hoof ingenieur? Of sê ek dit vir HR. Of hou ek dit vir myself en probeer dit verwerk?

Dit laat my nie deel van die span voel nie.  Ek wonder of die ander departemente se ingenieurs dit ook doen.

Dit grens aan slawerny. Aan eersteklas vliegtuigsitplekke waar die gordyn toegetrek word.

Dit stem my negatief.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: