Irritasies en ander fieterjasies

As daar nou een ding is wat ek nie kan vat nie, is dit ‘n geskinder.  Daar is eintlik ‘n paar goed wat ek nie kan vat nie. 

Die geraas van ‘n pakkie aartappelskyfies soos iemand hul hand daarin druk en weer uithaal.  Dit irriteer my grensloos. 

Mense wat fluister.

Die gekap van handpalms op ‘n tafel asof die mense wafferse dromspelers is.

Mense wat neurie… mense wat al langs die noot neurie.

Die geluid van ‘n mond wat slaai eet, reg langs my.

Al hierdie geluide vererger met kwadraat 10 as ek besig is om te sit en werk.  Met ander woorde, konsentreer.

Mense wat sug.  Aanhoudend. 
Dit voel as of die sug op my skouers val en my af druk in die grond in.  Dit voel asof die gras vrek waar daardie sug val.

Die geluid van n lepel wat geroer word of klingel teen die kante van n pap bak of ‘n jogurt houertjie.

Mense wat aanhoudend praat.  Mense wat met hulself praat.  Mense wat sê wat hulle doen vir hulself en hoekom.

Dit is veiliger om te sê alles irriteer my.

Daar is grade van irritasie, of eerder ander klasse. 

Soos byvoorbeeld as iemand nie kan spel nie.  Dit sit my af.

Net so ook as mense in geselskap op hul foon is. Al is daar net twee mense.  Sit sit my ook af.  Dit stel my teleur.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: